//
you're reading...
Uncategorized

Johan Rupert lambastes the Ad company that thought up Biodiversity positioning of SA#wine

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf moet homself beter bemark as hy as ’n ernstige wynproduserende land opgeneem wil word, sê mnr. Johann Rupert.

Rupert was die genooide spreker op VinPro se inligtingsdag wat vanoggend op Somerset-Wes plaasgevind het.  Die gehoor van sowat 500 wynboere het aan sy lippe gehang toe hy sê die bedryf plaas te veel klem op biodiversiteit en te min op ’n werklik treffende boodskap oor die wynbedryf.

“Ons handelsmerk is nie korrek nie. Ek haat dit om dit te sê, maar as jy oorsee is, is die grootste kommunikasie oor Afrika dié van mense wat geld insamel vir liefdadigheid en dit is ’n beeld van honger babas met vlieë op hulle. So, Afrika, so lief soos ons vir Afrika is, se beeld is nie so goed soos Europa s’n vir byvoorbeeld verwerkte voedselprodukte nie.”

Beeld kort aandag
Rupert sê die beeld van Suid-Afrikaanse wyn moet ernstig aandag kry.
“Ek glo Wines of South Africa (Wosa) doen fenomenale werk, maar mense koop nie wyn as gevolg van biodiversiteit nie. Ons moet ’n eenvoudige, opregte, herhalende boodskap kry, en dit is nie biodiversiteit nie.

“Ek sien dit oorsee: Mense weet byvoorbeeld nie hoe lank Suid-Afrika al wyn maak nie. Hulle moet dit weet, want dit gee aan jou integriteit. Die mense glo jy kan dit doen.”

Op ’n vraag hoe die ideale boodskap sal lyk, het Rupert geantwoord:

“Ek weet nie. Ek vra net die vrae. Ek dink ons het soveel goeie goed wat ons wel kan sê, maar ek dink nie veldblomme is deel daarvan nie. Jy moet ’n enkelboodskap hê, maar dit moet verdedig kan word. Ons moet eties optree en kyk na ons mense en die natuur. Maar om na die natuur te kyk, is nie ’n verkoopspunt nie.

Bemarking en navorsing
“Ek blameer nie vir Wosa nie, ek blameer die advertensie-agentskap wat dit uitgedink het, en ek dink nie hulle het behoorlike marknavorsing gedoen nie!”

Rupert meen die wynbedryf moet tien tot vyftien goeie wyne wat konstant goed produseer, op die voorgrond sit. Hierdie wyne moet op ’n jaarlikse grondslag goed wees, teen ’n goeie prys aangebied word en goeie resensies in gesaghebbende bronne kry.

“Dán gaan jy Suid-Afrika se beeld as ’n ernstige wynland bou.”

By Landbou

Advertisements

Discussion

No comments yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

SaleWine lIve

%d bloggers like this: